Hidrologie en waterwerke
Die analisering en ontwikkeling van waterverskaffing kan deurslaggewend wees in die ontwikkeling van besproeiing, akwakultuur of waterverskaffing. Die landbou-ingenieur is dikwels betrokke by:
- Waardering van die kwaliteit en betroubaarheid van waterverskaffing
- Vloed-hidrologie en uitloop ontwerp
- Ontwerp van damme en ander wateropgaar strukture
- Ontwerp van keerwalle en ander waterafleiding of abstraksie werke
Waterlewering en - vervoerstelsels:
Water moet dikwels vanaf die opgaarplek of abstraksie werke na die punt van benutting vervoer word. Die landbou-ingenieur sal by die volgende betrokke wees:
- Kanaalontwerp
- Ontwerp van pyplyne en pypnetwerke
- Ontwerp van pompstelsels en - huise
Ontwerp van besproeiingstelsels:
Dit is noodsaaklik dat besproeiingstelsels behoorlik ontwerp word om water doeltreffend en effektief te versprei. Die landbou-ingenieur sal betrokke wees by:
- Toetsing van besproeiingstoerusting om die kenmerke van werkverrigting vas te stel
- Ontwerp van beheermeganismes en - stelsels ten opsigte van besproeiing,
- Keuse van optimum besproeiingstelsel vir spesifieke toepassing, en
- Ontwerp van besproeiingstelsels (sprinkelaar, vloed- en spilpuntbesproeiing, druppers, mikrosproeier en ander tipe stelsels)
bo
Besproeiingstelselsbestuur
Die gereelde analisering van die doeltreffendheid van besproeiingstelsels, besluite ten opsigte van ondersteuningstelsels en remediërende stappe wat geneem moet word, val ook binne die raamwerk van die funksies van 'n landbou-ingenieur. Funksies sluit in:
- Ontwerp van rekenaar gebaseerde besproeiingsbestuurstelsels
- Besproeiingskedulering
- Probleemidentifisering en - oplossing ten opsigte van besproeiingstelsels
- Veld-evaluasies ten opsigte van doeltreffendheid van besproeiingstelsels
- Opgradering en rehabilitasie van ondoeltreffende stelsels
Dreinering van besproeide grond:
Die dreinering van besproeide grond om versouting en skade weens erosie te voorkom, is belangrik. Die landbou-ingenieur sal betrokke wees by:
- Ontwerp van oppervlak afloopbeheerstelsels
- Sub-oppervlak dreinering
Ontwerp van akwakultuurstelsels
Akwakultuurstelsels word ook deur landbou-ingenieurs ontwerp, wat betrokke moet wees by:
- Wateropvangsontwerp
- Hokkultuurontwerp
- Visvoer meganismes
- Ontwerp van oes en - prosesseringstelsels