You are here

Home

Energie

Werksvelde : ENERGIE
 
Doeltreffende energiebenutting is vir die landbouingenieur 'n belangrike saak in alle vertakkings.

Benewens doeltreffende energiebenutting, is hy dikwels gemoeid met die aanwending van hernieubare energiebronne soos son, wind en hidrokrag, bio-gas en houtgas. In die veld van hernieubare energiebronne is die landbou-ingenieur betrokke by:

  • Navorsing en ontwikkeling van toepaslike toerusting vir die benutting van energiebronne
  • Ontwerp van stelsels en toerusting vir spesifieke behoeftes
  • Toetsing en evaluering van stelsels en toerusting

Hernieubare Energie

Tegnologie en toerusting vir die voedsel-effektiewe benutting van hernieubare energiebronne soos son, wind en hidro-energie, sowel as bio-gas en houtgas as energiebronne. In die veld van hernieubare energiebronne is die landbou-ingenieur betrokke by:

  • Navorsing en ontwikkeling van toepaslike toerusting vir die benutting van energiebronne
  • Ontwerp van stelsels en toerusting vir spesifieke behoeftes
  • Toetsing en evaluering van stelsels en toerusting
  • Opleiding
  • Projek bestuur

Verduideliking van die verskillende hernieubare energiebronne waarby die landbou-ingenieur betrokke is:

Son Energie:

  • Photo voltaic energie (om solarbestraling in elektrisiteit te omskep)
  • PV omheinings: Vir sekuriteitsdoeleindes
  • PV huishoudelik: Beligting, TV, radios, vrieskaste, rekenaars
  • PV waterpompe: Voorsiening van drinkwater vir diere of huishoudelike gebruik
  • Son waterverhitting Voorsiening van warm water vir huishoudelike gebruik
  • Son droging: Droging van graan of groente
  • Verhitting van huishoudings
  • Son kookkuns: Hitte-voorsiening vir kook van voedsel

Windenergie:

  • Omskepping van windenergie in elektrisiteit vir huishoudelike of boerdery doeleindes

Hidro-energie:

  • Gebruik die energie van water om waterpompe aan te dryf of elektrisiteit te genereer
  • Die waterpomp of kragopwekker kan aan die waterpomp gekoppel word
  • Kan slegs gebruik word waar water beskikbaar is wat van 'n hoë na 'n laer posisie vloei

Bio-gas

  • Omskep dieremis in 'n ontvlambare gas wat gebruik kan word vir kook, verhitting, verkoeling en beligting
  • Ontvlambare gas kan gebruik word om elektrisiteit te genereer deur koppeling van 'n alleenstaande brandstofenjin aan 'n kragopwekker
  • Reuklose afvalwater kan gebuik word as 'n misstof op groentetuine en lande

Houtgas

  • Omskep hout in 'n ontvlambare gas wat gebruik kan word vir verhitting of beligting, asook vir die generering van elektrisiteit deur 'n alleenstaande brandstofenjin aan 'n kragopwekker te koppel

Tarief Boek

Die 2004 Tarief Boek af te laai.(821kb)
Is later dalk later beskikbaar.

 
 
 

 

Wat Is Nuut